Welkom by ATKV - Noord van die Berg....

Hierdie webtuiste se doel is om ingelig te wees oor wat in ons omgewing aangaan en waarmee die span huidiglik betrokke is. Hierdie is meer as net 'n web tuiste, dis 'n kommunikasie medium waarmee ons (Die ATKV span) beide kante toe kan kontak hou en mekaar ingelig te hou.


Staan vir Afrikaans.. Raak betrokke, en maak 'n verskil in ons omgewing

Registreer jouself by Noord van die Berg en s ons waar jy betrokke wil raak en ons kan jou in die netwerk verbind om 'n verskil te maak. As Noord van die Berg lidmaat kan jy dan ook toegang kry tot meer afdelings waar jy jou eie foto's van projekte en betrokkenheid kan oplaai en met ander deel. Verder kan jy ook terugvoering en voorstelle gee om by te dra in die vooruitgang van ons ATKV tak en Afrikaans in ons omgewing.