ATKV Noord van die berg se agtergrond

Hoekom 'n Noord van die Berg Tak

ATKV as 'n landswye organisasie, bring inspirasie en motivering oral waar die organisasie betrokke is. Noord van die Berg het 'n behoefte raakgesien in die Noordelike gedeelte van Pretoria en as 'n span ingespring om 'n verskil te maak.

ATKV is baie meer as net 'n organisasie wat vir Afrikaans staan, ons gebruik Afrikaans as 'n medium om ons omgewing en mense op te hef en die gemeenskap te inspireer om hande te neem en saam te staan vir goeie waardes. Raak deel om te help en jy sal vinnig self die impak voel om deel te wees van 'n beweging wat 'n verskil maak.

Hierdie webblad is 'n ideale kanaal vir lede om met mekaar kontak te hou en op datum te bly met alles wat nou in ons omgewing aan die gang is. Registreer verniet en raak gerus vandag betrokke van die ATKV Noord van Die Berg familie.

Meer oor die bestuur..

Die span bestaan uit Johann Louw Booysen (Voorsitter) Arno van Graan (Onder Voorsitter) Dolf du Toit (Tesourier) Melanie Booysen, Sarie van Graan, Hanlie du Toit, Jacques Roux en Lana Roux (Skakelbeampte).

Ons span, tesame met vrywillige helpers, verbind ons by aansluiting tot aktiewe deelname aan die tak se aktiwiteite. Ons werksaamhede is om die ATKV se visie, missie en doelstellings met daadkrag en vindingrykheid te verwesenlik, te bevorder en toe te pas. Fondse word ingesamel by wyse van eie bedrywighede en word uitsluitlik toegewend vir die opheffing van ons gemeenskap.