ATKV Registrasie

Daar is twee maniere om in te koop en deel te raak van ATKV en dit is:
*Jy is ook meer as welkom om aan albei te behoort om so aktief as moontlik deel te wees van ATKV.




Lid van Noord van die Berg ( registreer hier)

ATKV Noord van die Berg se doel is om in die plaaslike gemeenskap aktief betrokke te wees. Deur om hier te registreer raak jy deel van 'n beweging in jou omgewing wat jou bemagtig om daar 'n verskil te maak.

Deur die registrasie vorm deeglik in te vul kan ons jou as skakel in die netwerk gebruik om daar waar jy die beste funksioneer jou die geleentheid te gee om 'n helpende hand uit te steek na mense rondom jou.

* Registrasie en lidmaatskap by Noord van die Berg is verniet.

Lid van die hoof ATKV (registreer hier)

Jy kan ook in die groter planne van ATKV betrokke raak en by die hoof ATKV aansluit. Ons moedig die lede wat klaar by ATKV Noord van die Berg aangesluit is aan om hierdie as die volgende vlak van betrokkenheid te neem.

Deur om hier aan te sluit maak jy 'n publieke stelling om te staan vir die regte waardes, kultuur en ons taal. Hierdie lidmaatskap sal jou dan voordele bied soos kortings by ATKV oorde ens.

* Lidmaatskap het klein Maandelikse / Half-Jaarlikse / Jaarlikse fooi