ATKV Logo  
..terug na vorige bladsy
   
   

Algemene Jaarvergadering

ATKV Noord van die Berg het 16 Februarie 2012 om 09:00 hul AJV gehad by Takenaki Lapa, Pretoria.


Projekte van 2011 is afgesluit, terugvoering is gegee aan nuwe lede en finansiele state is deurgegaan en onderteken. Besprekings is gehou oor 2012 se beoogde Projekte en gemeenskaps betrokkenheid van die tak.

Doornpoort Primer sal deurlopende projek wees waarby die ATKV langtermyn verhouding met die skool wil behou. Die skool het vanaf Jan2011 gegroei vanaf 62 leerlinge na 293. Gras, skaduwee en speelplek vir die kleuters is nogsteeds 'n groot behoefte. Sien Huidige Projekte.

Penkidz Projekte vir die jaar: 2-5 April 2012 - Penkidz Survivor week by Takenaki Lapa. 8 September 2012 - Penkidz Junior Uitreik. 20 Oktober 2012 - ATKV & Penkidz Fondsinsameling saam Louis Brits by Takenaki Lapa. Potjiekos Dag - 14 April 2012 en Jeugdag - 16 Junie 2012


Volgende Vergadering 16 Maart 2012, almal baie welkom.