![]() |
||
|
||
Die tak het skaars deure oopgemaak in April 2007, toe die eerste fondsinsameling in Mei gehou is ten bate van Wolmer Kinders. | ||
Ons fokus vir die dag was om die gesinne te bederf, veral al die moeders, asook die werwing van nuwe lede en uitbreiding van ‘n netwerk met eenders denkende mense. Daar was apart van al die kosse vir ons gaste, ‘n No 30 pot (130 liter) gemaak wat geskenk was aan Wolmer Kinderhuis in die Pretoria Noord omgewing. Die kokke het omtrent bederf met hul Lasagne Pot, Hoender Pot, Vars gebakte brode, Slaaie, voorgereg en nagereg vir die soettande. Die kinders was heeldag aan die baljaar met vierwiel motorfiets ritte, Paintballs, Boeresport en springkastele. Die gaste het heerlik geëet, en die dag terdeë geniet. Alle kos wat oorgebly het tesame met die No 30 pot, is geskenk aan verskeie instansies in Pretoria Noord vir behoeftige kinders. | ||
| ||