ATKV Logo  
..terug na vorige bladsy
   
   

Jeugdag

NET KIND WEES (9 Junie 2007)


Ons doelstelling vir die dag is om uit te reik na minderbevoorregte kinders in ons omgewing en vir hul die geleentheid te gee om n dag van net kind wees te kom geniet. Verder wil ons bande met hierdie kinders opbou om sodoende permanente hulp en geleenthede te bied wat op lang termyn n blywende indruk op hul lewens sal maak.

Sinoville Polisie het n honde vertoning vir die kinders gehou om sodoende n vriendelike gesig van die polisie aan die kinders deur te gee. Kinders het quads gery, paintballs gespeel, ritte op n Samil 50 4x4 trok gehad en aktiwiteite is afgesluit met tradisionele boeresport. Middagete is voorsien vir die kinders en musiek is gemaak deur ATKV Centurion. Pryse vir die wenspanne is uitgedeel en al die kinders is huis toe met n geskenkpakkie.

Skenkings is gemaak deur SAPS Sinoville, Wimpy Voortrekkerstr, Spur, Ice Rink, PNA, ABSA Pretoria Noord, Makro, AVBOB, McDonalds en vele meer. Ons het ongelooflike ondersteuning gekry van ons gemeenskap en besighede, dit was n besonderse dag vir ons waarop ons net kan voortbou.


Dankie vir almal se betrokkenheid!



Selekteer om groot te maak Selekteer om groot te maak