Die ATKV Noord van die Berg tak het dit goedgedink om die skool met die oprigting te help tov bome, gras en sportvelde. Die Gr7 leerders van Laerskool Die Poort het ook kom hand bysit met die plant van bome. Terwyl die ATKV span, tesame met Corne Marais van Jungle Beat, die grondwerke reggekry het, het die kinders almal met hul pikke en grawe ingespring. Onder leiding van hul onderwyser Mnr Tommie Rademeyer, het die kinders altesaam 20 bome geplant. Groter bome is deur Mnr Corne Marais se personeel en toerusting opgerig vir broodnodige skaduwee vir die leerders. Ons is tans besig met die uitle van die sportvelde waarna sokkernette en netbalringe opgerig sal word. Die tak het hom verbind aan hierdie projek en wil graag 'n langtermyn verbintenis met die laerskool vestig. Graag wil ons baie dankie se aan Mnr Corne Marais en sy span van Jungle Beat vir al jul moeite en bydrae en 'n spesiale dankie aan Laerskool Die Poort se leiers wat jul vakansietyd opgeoffer het om jul buurskool te kom bystaan. |