ATKV Logo  
..terug na vorige bladsy
   
   

Rugby Finale 2007

Rugby is so deel van ons Afrikaners, wie kan nou n Saterdag middag voorstel sonder vriende, familie, verversings en n naelbytende Springbok wedstryd. En was dit nie n belewenis nie


Die ATKV Noord van die Berg het die geleentheid raakgesien om fondse in te samel vir ons Kerspartytjie wat gehou is 24 November en natuurlik ook om die ouens in die groen en goud te ondersteun. Daar is n losie aangewys in die Lapa wat opgeveil is en n kersboom met fotos is opgesit van die kinders wat ons voor n Kerspartytjie wil hou. Vriende en familie het almal kinders geborg of kontant bydraes gemaak. Opbrengste van die kaartjie verkope het ook gegaan ten bate van die kinders.

Worsbroodjies en peuselhappies is voorsien die middag en teen sonsondergang was die potjies aan die kook. Varsgebakte brode met slaaie is saam met die potjies bedien en daarna was daar koffie en koeksisters beskikbaar. Vir die kinders was daar ook ponie ritte en springkastele beskikbaar vir vermaak. Die gees was aansteeklik en almal het die bokke met groot lof en trots toegejuig.


Die dag was vir die ATKV Noord van die Berg n groot sukses en n groot bydrae tot ons Kers partytjie, ons gaste se bywoning en bydraes word opreg waardeur.



Selekteer om groot te maak Selekteer om groot te maak