Fondse van die dag gaan ten bate van “ons” minderbevoorregte kinders vir vroeg 2008 wanneer skoolklere en skryfbehoeftes aangekoop moet word. Kaartjies is verkoop en daar was tafels vol DJ Ossewa liefhebbers en ondersteuners. DJ Ossewa het ook hul eie seremoniemeester saamgebring wat ook baie aandag aan die kinders spandeer het. Handtekeninge is uitgedeel en orals was foto’s geneem. Daar was ook kompetisies gehou tussen die tafels en pryse toegeken aan die wenners. Die musiek was uitstekend en die mense was heeltyd op hul voete. Die ATKV Noord van die Berg het pap en sous, slaai en varsgebakte brode bedien en ope vure was beskikbaar. Almal het hul eie vleis gebring om te braai en ‘n kontantkroeg was beskikbaar. Daar was ook hoenderlewer saam pap en worsbroodjies te koop. |