Dit behels die insameling, storing, sortering en verspreiding van goedere. Rekord word gehou van alles wat in en uitgeboek word en word dit daarvolgens in die containers gestoor. Ons het vir Hannes wat op 'n maandelikse basis Zimbabwe toe ry en kospakkies of 'hampers' aan bejaardes uitgee. Daar is spesifiek vir die Zim bejaardes 'n container waaruit hul pakkies opgemaak word en gestoor word vir aflewering. Skenkings wat ons ontvang soos 2de handse meubels, klere, boumateriaal ens word afsonderlik bestuur. Ons het agente op die perseel wat dit namens ons verkoop en daardeur word fondse geskep wat gebruik word vir nood of behoeftes. Hierdie nood of behoeftes word geidentifiseer deur die CMR PTA Noord, Hans van Rensburg, Sakkie Kotze van ATKV Centurion, ds Gustav Claassen van NG Monument en ds Johan Haasbroek van Zimbabwe. Ons doel is basies om die voetsoldate wat die werk doen, se hande te versterk deur hul logistieke en finansiële bystand te bied. Ons is verantwoordelik vir die koordinering en skakeling tussen die vrywilliges en die veilige storing van goedere op die perseel. |