Gesinsdag

Die tak het skaars deure oopgemaak in April 2007, toe die eerste fondsinsameling in Mei gehou is ten bate van Wolmer Kinders.

Ons fokus vir die dag was om die gesinne te bederf, veral al die moeders, asook die werwing van nuwe lede en uitbreiding van n netwerk met eenders denkende mense. Daar was apart van al die kosse vir ons gaste, n No 30 pot (130 liter) gemaak wat geskenk was aan Wolmer Kinderhuis in die Pretoria Noord omgewing. Die kokke het omtrent bederf met hul Lasagne Pot, Hoender Pot, Vars gebakte brode, Slaaie, voorgereg en nagereg vir die soettande.

Dankie vir almal wat die dag saamet ons geniet het.   Vir meer inligting oor projek...

   

Jeugdag

NET KIND WEES (9 Junie 2007)

Ons doelstelling vir die dag is om uit te reik na minderbevoorregte kinders in ons omgewing en vir hul die geleentheid te gee om n dag van net kind wees te kom geniet. Verder wil ons bande met hierdie kinders opbou om sodoende permanente hulp en geleenthede te bied wat op lang termyn n blywende indruk op hul lewens sal maak.

Dankie vir almal se betrokkenheid!   Vir meer inligting oor projek...

   

Rugby Finale 2007

Rugby is so deel van ons Afrikaners, wie kan nou n Saterdag middag voorstel sonder vriende, familie, verversings en n naelbytende Springbok wedstryd. En was dit nie n belewenis nie

Die ATKV Noord van die Berg het die geleentheid raakgesien om fondse in te samel vir ons Kerspartytjie wat gehou is 24 November en natuurlik ook om die ouens in die groen en goud te ondersteun. Daar is n losie aangewys in die Lapa wat opgeveil is en n kersboom met fotos is opgesit van die kinders wat ons voor n Kerspartytjie wil hou. Vriende en familie het almal kinders geborg of kontant bydraes gemaak. Opbrengste van die kaartjie verkope het ook gegaan ten bate van die kinders.

Die dag was vir die ATKV Noord van die Berg n groot sukses en n groot bydrae tot ons Kers partytjie, ons gaste se bywoning en bydraes word opreg waardeur.   Vir meer inligting oor projek...

   

DJ Ossewa Bosbraai

Deur die jaar is daar gesels met DJ Ossewa om die jaar af te sluit met n groot Bosbraai, iets waarvoor hulle baie bekend is by die oorde en watter be

Fondse van die dag gaan ten bate van ons minderbevoorregte kinders vir vroeg 2008 wanneer skoolklere en skryfbehoeftes aangekoop moet word. Kaartjies is verkoop en daar was tafels vol DJ Ossewa liefhebbers en ondersteuners. DJ Ossewa het ook hul eie seremoniemeester saamgebring wat ook baie aandag aan die kinders spandeer het. Handtekeninge is uitgedeel en orals was fotos geneem. Daar was ook kompetisies gehou tussen die tafels en pryse toegeken aan die wenners.

Dit was goeie musiek, lekker kos en fantastiese gees, die terugvoering van ons gaste is ongelooflik. Baie dankie aan Distell wat n groot bydrae gemaak het vir die dag.   Vir meer inligting oor projek...

   

Vriende wat Omgee

Ons is ook al 'n geruime tydjie besig met die konsep om 'n logistieke netwerk te skep om op 'n groter skaal hulp te verleen aan behoeftige persone.

Dit behels die insameling, storing, sortering en verspreiding van goedere. Rekord word gehou van alles wat in en uitgeboek word en word dit daarvolgens in die containers gestoor.

Enige iemand wat klere, kos ens wil skenk, kan gerus vir Lana skakel. Indien jy ook wil betrokke raak en 'n skakel wees wat wil help met skole, besighede en ander organisasies, kan jy my ook skakel o   Vir meer inligting oor projek...